Back 13 Aug, 2024 - Floreer!

Back

Totsiens, telefoon! Medihelp maak mediesefondssake maklik

Totsiens, telefoon! Medihelp maak mediesefondssake maklik

Bestuur jou mediesefondssake met die druk van ’n knoppie op die Medihelp-app en Member Zone.
Read more

Het jy geweet Medihelp se Kliëntesorg ontvang bykans 54 000 oproepe per maand? Dit is sowat 1 800 per dag! Ten spyte van hierdie miernes van bedrywigheid, beantwoord ons steeds die meeste oproepe in minder as ʼn minuut.

Die drie vernaamste telefoniese navrae handel oor eise (meer as 30%), beskikbare voordele en voorafmagtiging. Al dié funksies kan egter maklik en vinnig met die druk van ’n knoppie op die Medihelp-app of die Member Zone gedoen word.

Spaar tyd en geld (onthou daar is gedeelde oproepkoste as jy Kliëntesorg bel) deur al jou mediesefondssake aanlyn af te handel.

Eis sό sonder sukkel

Hoewel gesondheidsorgpraktisyns meestal direk namens lede eise indien, moet jy soms self ’n eis indien. Hier’s drie maklike maniere om jou eise – ook vir tandheelkunde (DRC) en oogkunde (PPN) – in te dien:

  1. Medihelp-app vir lede: Neem ’n foto van of laai die rekening en bewys van betaling en dien dit in.
  2. Member Zone: Teken aan en klik op Dien eis in. Heg jou faktuur aan.
  3. E-pos: Stuur jou rekening en bewys van betaling na claims@medihelp.co.za.

Jy kan ook jou eisegeskiedenis op die Member Zone en die Medihelp-app sien.

Belangrik: Om te verseker dat jou eis geldig is en vinnig verwerk kan word, maak seker dat dit aan die Reëls van Medihelp voldoen. Lees meer hier.

Is jou inligting op datum? Medihelp se produkte en pryse vir 2025 word later vanjaar elektronies gekommunikeer. Indien jou inligting nie bygewerk is nie, gaan jy dié belangrike kommunikasie misloop. Gaan sommer vandag nog jou besonderhede op die Member Zone of Medihelp-app na.

 


Share this on: