Back 01 Aug, 2024 - Floreer!

Back

Innoverende sorgprogram help lede op herstelpad

Innoverende sorgprogram help lede op herstelpad

Ons sorgprogram is daarop gemik om lede op hul herstelpad ná hospitalisasie by te staan.
Read more

Cassie Rossouw is die afgelope 30 jaar ’n getroue Medihelp-lid. Einde April vanjaar het Cassie twee groot urologieprosedures binne 18 dae ondergaan wat sy lewe ingrypend geraak het. Danksy Medihelp se sorgprogram, wat daarop gemik is om lede op hul herstelpad ná hospitalisasie by te staan, het Cassie egter sommer hope moed!

“Omgee en gehaltediens aan ons lede is vir Medihelp waardes wat nie onderhandelbaar is nie; dis ’n gegewe,” sê Denise Botha, mediese adviseur en sorgprogramleier by Medihelp. “Ons nuwe sorgprogram is ’n inisiatief wat ons waarde van omgee aktief uitbeeld. Die program behels dat lede, wat vir sekere prosedures of siektetoestande in die hospitaal opgeneem is, ná ontslag gekontak en op hul herstelpad begelei word. Opgeleide verpleegpersoneel, wat as sorgafrigters bekend staan, gesels met ons lede en maak seker hulle is goed op pad na herstel.”

Luidens navorsing word nagenoeg 15% van mense wat ’n ernstige operasie ondergaan het, weer later in die hospitaal opgeneem. “Deur die Medihelp-sorgprogram probeer ons verhinder dat lede weer in die hospitaal beland,” verduidelik Denise.

Volgens haar help Medihelp se toegewyde sorgafrigters pasiënte om potensiële komplikasies proaktief te identifiseer en bestuur, gee raad oor enige bykomende sorg wat moontlik benodig word, herinner die lid aan opvolgdoktersbesoeke en staan die lid elke tree van die herstelpad by. “Uiteindelik is die oogmerk dat ’n lid so goed en gou moontlik herstel,” sê sy.

Cassie kan nie uitgepraat raak oor hoeveel Medihelp se sorgprogram vir hom beteken het nie. “Suster Mickey Batteson het my ná my tweede operasie geskakel. Sy’t my uitgevra oor my pyn en die medisyne wat ek neem en nuttige raad gegee om ’n spoedige herstel te verseker.

“Tot my verbasing het sy my ’n week later weer geskakel om oor my welstand te verneem. Ek kan nie beskryf hoeveel dit vir my beteken het nie. Medihelp gee werklik om. ’n Mens is nie net ’n lidnommer nie, maar word raakgesien,” vertel Cassie trots en voeg by dat hy en sy vrou nou ’n bietjie by die see gaan uitspan.


Share this on: