Soos die winter naderkom, berei jouself en jou geliefdes voor en vermy vanjaar die griepvirus. Hier is hoe jy dit regkry:
#1 Vermy noue kontak
Hou jou persoonlike ruimte ʼn bietjie groter gedurende die kouer maande.
#2 Kyk mooi na jouself
Kry ʼn goeie nagrus, beperk stres, eet ʼn gebalanseerde dieet en drink genoeg water.
#3 Kry genoeg vars lug
Goeie ventilasie verhoed dat verkoue- en griepvirusse versprei. Probeer om ʼn venster oop te hou, en laat virusse by die deur uitwaai.
#4 Koop nou jou aanvullings
Bou jou immuunstelsel met vitamiene C en D, Omega-3-vetsure en sink.
#5 Laat jou inent
Om die griepinspuiting te kry is een van die eenvoudigste maniere om te verhoed dat jy siek word. En hoewel sommige twyfel, het die sukseskoers van die griepinenting in die 2023-griepseisoen tussen 64% en 89% gewissel.
Jy kan ʼn gratis griepinenting by enige een van ons 2 000 netwerk-apteekklinieke kry. Vind jou naaste netwerk-apteekkliniek hier.