Back 16 Jan, 2024 - Floreer!

Back

Hoe om jou mediesefondsvoordele te rek

Hoe om jou mediesefondsvoordele te rek

Om jou begroting te balanseer en uitgawes vir gesondheidsorg te bestuur is nie maklik nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om 2024 op ’n goeie geldnoot te begin.
Read more

Om jou begroting te balanseer en uitgawes vir gesondheidsorg te bestuur is nie maklik nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om 2024 op ’n goeie geldnoot te begin.

Verstaan jou plan

Die eerste stap is om seker te maak jy verstaan:
  • Jou dag-tot-dag- en ander voordele;
  • Medihelp se Reëls;
  • Hospitaal- en dagprosedurenetwerke;
  • Limiete, byvoorbeeld die aantal tande wat jy kan laat trek of stopsels wat jy kan kry per jaar; en
  • Voorafgoedkeuring vir beplande hospitaalprosedures.
  • Dit sal jou help om slim besluite oor jou beskikbare voordele te neem en die stappe wat jy moet neem om toegang tot sekere voordele te kry verduidelik. Jy kan al die inligting wat jy nodig het, kry op Medihelp se webwerf vir lede, die Member Zone.

    Gebruik voorkomende sorg tot jou voordeel

    Al Medihelp se planne bied ekstra versekerde voordele, insluitend voorkomende gesondheidsiftings, toetse en inentings. Hierdie voorkomendesorgvoordele kan help om vroegtydig van moontlike gesondheidsprobleme bewus te raak en komplikasies later te vermy. Lees meer oor siftingstoetse en bykomende voordele hier.

    Gebruik voorkomende sorg tot jou voordeel

    Netwerkgesondheidsorg- en aangewese diensverskaffers bied topgehalte privaat gesondheidsorg teen ’n onderhandelde tarief. Wanneer jy dié verskaffers en fasiliteite gebruik, vermy jy koste wat jy self moet betaal. Vind ’n gesondheidsorgverskaffer in jou area wat deel is van ons netwerk hier.

    Gebruik generiese medisyne

    Generiese medisyne is net so doeltreffend soos die oorspronklike weergawe, want dit bevat dieselfde aktiewe bestanddele. Dit is egter baie goedkoper. Medihelp betaal 100% van die Maksimum Mediesefondsprys vir generiese medisyne, 80% van die Medihelp-tarief vir oorspronklike medisyne waar geen generiese alternatief beskikbaar is nie en 70% vir oorspronklike medisyne waar ’n generiese alternatief wel beskikbaar is. Dit sal jou spaarrekening langer laat hou (as jou plan een insluit) en jou help om jou dag-tot-dag-voordele spaarsamig te gebruik.

    Bestuur jou chroniese toestand

    As jy ’n chroniese toestand het of ’n toestand wat vir voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) kwalifiseer, moet jy jou behandelingsplan stiptelik volg om komplikasies en duur intervensies te vermy. Jou VMV’s kan konsultasies en dienste, medisyne en bloedtoetse insluit. Lees

    Hou jou uitgawes dop

    As jy jou mediese uitgawes dwarsdeur die jaar dophou, sal dit jou help om te verstaan hoe jy mediese dienste gebruik, moontlike gesondheidsgevare identifiseer en voorkom dat jy jou beskikbare voordele uitput. Jy sal ook foute in jou fakture kan identifiseer en aanmeld. Jy kan jou uitgawes maklik dophou as jy jou eisestaat gereeld raadpleeg. Al jou eisestate is beskikbaar op die Member Zone

    Kry voorafgoedkeuring

    Gebruik die inligting wat op die Member Zone beskikbaar is om vertroud te raak met al die prosedures en dienste wat voorafgoedkeuring vereis, soos beplande hospitalisasie, VMV-dienste, chroniese medisyne, ensovoorts. Wanneer jy voorafgoedkeuring kry, vermy jy onnodige koste wat jy self moet betaal.

    Bly ingelig

    Lees die inligting wat Medihelp vir jou stuur sodat jy bewus is van enige veranderinge, alle beskikbare voordele en die reëls en prosedures om toegang tot jou voordele te kry.

    Volg ’n gesonde leefstyl

    Maak klein leefstylveranderinge: eet gesonder, oefen meer gereeld, raak ontslae van skadelike gewoontes soos rook en lees ons maandelikse nuusbrief vir lede met nuttige wenke vir ’n gesonde leefstyl. Sien mooi om na jou gesondheid en vermy só onnodige mediese uitgawes.


    Share this on: