Back 22 Des, 2022 - Gesondheidsbewustheid

Back

'n Tweede kans

'n Tweede kans

’n Ware tweede kans op die lewe
Read more

Toe Schalk Backhouse in Julie 2022 by die kardioloog se spreekkamer instap, kon hy nie raai watter chaos sou volg nie – ’n paar dae tevore het hy net moeg gevoel, maar enkele ure later is hy in die intensiewesorgeenheid opgeneem vir noodchirurgie.

Schalk en sy vrou het in 2021 by Medihelp aangesluit en is vir ’n jaar lank uitgesluit van voordele vir sekere bestaande siektetoestande – in sy geval het hy tot 30 September 2022 nie dekking vir hartsiektes gehad nie. Medihelp het egter voordele goedgekeur vir die noodsaaklike bloeddrukmedikasie wat hy moes neem vir ’n vergrote hart en atriale fibrillasie, ’n onreëlmatige en dikwels versnelde hartritme wat in die voorkamers van die hart ontstaan en ’n hoë risiko vir hartversaking en beroerte het.

Toe Schalk hoor dat hy in die intensiewesorgeenheid opgeneem moet word vir noodchirurgie, was hy bekommerd oor hoeveel dit sou kos, aangesien hy nog twee maande moes wag voordat Medihelp behandeling vir sy hartsiektes sou dek. Om te wag, was egter nie ’n opsie nie.

“Die kardioloog het gesê as hy my huis toe stuur, is hy nie seker dat ek die volgende oggend sou wakker word nie. Hy het gesê hy sou liewer probeer om my lewe nou te red en later oor die koste te bekommer, want ek het nie meer tyd oor nie.”

Schalk het drie dae laer in die intensiewesorgeenheid wakker geword.

Schalk was verstom om by sy vrou te hoor dat Medihelp dadelik sy noodbehandeling goedgekeur het, insluitend ’n angioplastiek en plasing van ’n stent in die hart, ’n pasaangeër en 12 dae se behandeling in die intensiewesorgeenheid. Sy vrou was deurlopend in kontak met Medihelp, wat hulle met elke stap bygestaan het.

Hy is oortuig dat hy nie vandag hier sou gewees het as dit nie was vir sy vrou, sy dokter en Medihelp nie.

“Die doktersbrief het my diagnose as eindstadium hartversaking aangedui. Ek het waarlik ’n tweede kans op die lewe gekry – dankie, Medihelp!”


Share this on: