Back 20 Jul, 2021 - Medihelp-produkte

Back

Unify – ryk aan voordele met ’n 25%-spaarplan

Unify – ryk aan voordele met ’n 25%-spaarplan

Read more

Unify is ’n veelsydige opsie in die mediesefondsomgewing, vir sowel mense wat met ’n gesin begin as werkgewers wat vir hulle werknemers toegang tot privaat gesondheidsorg wil bied. Hierdie opsie kombineer ’n ruim spaarrekening met uitgebreide swangerskap-en-babavoordele, uitstekende hospitaaldekking en bykomende versekerde voordele vir elke lewensfase.

Unify bied jou:

  • ’n 25%-spaarrekening
  • ’n Spesiale voordeel vir kinders, wat konsultasies by algemene praktisyns vir kinders ≥2 tot <12 jaar dek sodra jou spaarrekeningfondse uitgeput is
  • Dekking in enige privaat hospitaal met geen oorhoofse jaarlikse limiet nie
  • Voorgeskrewe minimum voordele (VMV) teen 100% van die koste vir 270 VMV-toestande en 26 chroniese siektes (aangewese diensverskaffers, ’n spesialisnetwerk, protokolle en voorafgoedkeuring is van toepassing)
  • Onbeperkte dekking vir trauma wat hospitalisasie noodsaak
  • Noodvervoerdienste deur ’n ervare verskaffer gelewer
  • Voordele vir posthospitaalsorg
  • Voordele vir gespesialiseerde radiologie
  • ’n Wye reeks bykomende versekerde voordele, insluitend voordele vir voorkomende sorg gedurende verskillende lewensfases
  • Ruim swangerskap-en-babavoordele
  • Dekking vir voorbehoedmiddels

Unify is ideal for:

  • Unify is ideaal vir:
  • Paartjies wat met ’n gesin begin
  • Werkgewers wat vir hulle werknemers toegang tot privaat gesondheidsorg wil bied
  • Mense wat beheer wil neem van hulle dag-tot-dag-uitgawes

Belangrik:

Jy kan die spaarkomponent van jou Unify-plan soos ’n gewone spaarrekening bestuur en besluit watter kwalifiserende dienste uit die spaarrekening betaal moet word. Enige ongebruikte spaarrekeningfondse word outomaties na die volgende jaar oorgedra.

Professionele bystand help jou om mediesefondsdekking te kies wat aan jou behoeftes voldoen

Die regte mediesefondsdekking beïnvloed jou gesondheid en welstand in die toekoms. Jy kan enige tyd met ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur gesels wat sal help om jou behoeftes te ontleed en advies sal gee oor die beste opsie vir jou. Klik hier om jou besonderhede te voltooi en ’n adviseur sal jou kontak met bystand:


Share this on: