Back 22 Des, 2022 - Gesondheidsbewustheid

Back

Werklike situasies

Werklike situasies

Ware mediese fonds vir werklike situasies
Read more

Toe Lynn* in 2014 met borskanker gediagnoseer is, het haar wêreld in duie gestort. Na ’n mens dié soort nuus ontvang, verander alles in ’n oogwink. Sy het nie geweet wat om te doen of hoe om aan te beweeg en in die uiters beproewende tyd sterk te bly vir haar en haar gesin nie.

Een van die moeilikste dinge om in die lewe te oorkom, is om te aanvaar dat die toekoms onseker is ná jy met ’n gevreesde siekte gediagnoseer word. Vir Lynn het geloof, liefde en ondersteuning haar daardeur gehelp.

“Ek het altyd gesê dat ek, met my mediese geskiedenis, oorleef het met die hulp van God, my fantastiese dokters en my mediese fonds.”

Om jou in so ’n onsekere tyd oor jou mediese fonds te bekommer, kan bykomende druk plaas op iemand wat reeds moeilike omstandighede ervaar. Vir Lynn was dit egter ’n enorme voordeel dat sy ’n lid van Medihelp was.

“Medihelp het elke tree saam met my gestap – van die inbelsentrum se personeel wat altyd hulpvaardig, doeltreffend en simpatiek was, tot die rekenings wat betyds en reg betaal is.

“Ek was ook so dankbaar dat daar nie enige foefies was nie. Ek het betaal vir mediese dekking en dis wat ek gekry het. Ek het nie nuttelose bonusse pleks van voordele vir ’n MRB gekry nie. Ek het nie onbelangrike aansporings ontvang nie – net ware mediese dekking, wat absoluut onontbeerlik is wanneer jy in jou in diep waters bevind.”

Hoewel Lynn nie aanvanklik oorweeg het om na die dubbele mastektomie ’n borsrekonstruksie te ondergaan nie, het sy tog die prosedure laat doen en Medihelp het daarvoor betaal. Sy het eers jare later besef hoe belangrik en noodsaaklik dit vir haar herstelproses was.

“Ek is ongelooflik dankbaar dat ek ware mediese dekking gekry het toe ek dit regtig nodig gehad het. Woorde alleen kan nie altyd beskryf hoe ’n mens waarlik voel nie, en ek kan dus net sê: baie dankie!”

* ’n Skuilnaam


Share this on: