vaccination-text-eng

Inskrywingsvorm

Kliek hier vir betroubare inligting oor die entstof.

Stryd tussen die geslagte — wie gaan wen?

Wens jy soms die wêreld kan weer wees soos vóór COVID-19 alles omvêr gegooi het?  Ongelukkig is dit duidelik dat die COVID-19-pandemie nog vir die afsienbare toekoms deel  van ons lewens gaan wees en dat ons enigste beskerming daarteen is om die hoogste  persentasie van ons bevolking so gou as moontlik in te ent.

Word deel van die veldtog – #GetVaccinated en staan ’n kans om  met ‘n kontantprys beloon te word omdat jy na jou gesondheid  omsien

Hoe om in te skryf

Drie ouderdomsgroepe (20-39 jaar, 40-59 jaar en 60+ jaar) ding mee om te sien watter  groep eerste die inentingsteikens van 40%, 60% en 80% lede ingeënt kan behaal. Die  eerste groep wat hierdie teikens behaal, kwalifiseer vir die prystrekking en die eerste  persoon wie se naam getrek word en wie se inentingstatus bevestig word, wen ’n prys.


Is jy volledig ingeënt?

Lede wat volledig ingeënt is, hoef net die inskrywingsvorm te voltooi

Nog nie ingeënt nie?

  1. Registreer op die elektroniese inentingsdatastelsel (EVDS)
  2. Maak ’n afspraak by Clicks or Dis-Chem, om jou inenting te kry, of gaan na jou naaste inentingsperseel
  3. Sodra jy volledig ingeënt is, voltooi die inskrywingsvorm links

Sal Medihelp betaal vir die inenting?

Ja, Medihelp betaal die koste van die COVID-19-inenting en die toedieningsfooi ten volle,  aangesien dit vir voorgeskrewe minimum voordele kwalifiseer.

Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.