Mediese­fondskonsepte Icon

Mediese­fondskonsepte

Gaan terug

Wat is die verskil tussen ’n mediese fonds, gesondheidsversekering en gapingsdekking?

  • ’n Mediese fonds dek ’n wye reeks gesondheidsorgdienste en word deur wetgewing gereguleer.
  • Gesondheidsversekering bied gewoonlik beperkte dekking vir spesifieke gebeurtenisse.
  • Gapingsdekking dek die verskil tussen wat die mediese fonds betaal en wat gesondheidsorgkundiges vra.

Kyk hierna vir die verskil tussen 'n mediese fonds, gesondheidsversekering en gapingsdekking.

Het ek gapingsdekking nodig as ek ’n mediese fonds het?

Gapingsdekking is opsioneel, maar dit kan help om die verskil te betaal tussen wat jou mediese fonds dek en wat dokters of spesialiste vra, veral vir behandeling in die hospitaal.

Lees ons blog om gapingsdekking beter te verstaan.

Wat is onderskrywing?

Onderskrywing is hoe ons jou gesondheidsrisiko bepaal wanneer jy aansoek doen om by Medihelp aan te sluit. Met ander woorde, ons kyk hoe waarskynlik dit is dat jy mediese behandeling sal benodig op grond van faktore soos jou gesondheidstatus en mediese geskiedenis.

Volgens jou gesondheidsprofiel kan wagtydperke vir sekere toestande toegepas word voordat dekking daarvoor beskikbaar is, of ’n laataansluitingsbelading kan geld afhangend van faktore soos jou ouderdom en of jy voorheen ’n lid van ’n mediese fonds was.

Wat is ’n laataansluitingsbelading?

’n Laataansluitingsbelading is ’n bykomende bedrag wat by maandelikse ledegeld gevoeg kan word as jy ná die ouderdom van 35 vir die eerste keer by ’n mediese skema aansluit of jou mediesefondsdekking vir meer as drie opeenvolgende maande onderbreek is.

Wat is voorgeskrewe minimum voordele (VMV's)?

Voorgeskrewe minimum voordele (VMV's) is toestande waarvoor alle mediese fondse in Suid-Afrika volgens wet dekking moet bied, behalwe waar onderskrywing van toepassing is. Dit sluit noodgevalle, sekere chroniese siektes en ’n gedefinieerde lys mediese toestande in.

Wat is generiese medisyne?

’n Generiese medisyne is ’n goedkoper weergawe van ’n oorspronklike handelsnaammedisyne wat op dieselfde manier werk en dieselfde mediese resultate lewer. Dit bevat dieselfde aktiewe bestanddele, is dieselfde sterkte, gehalte en net so veilig as die oorspronklike medisyne en kan dus as ’n gelykwaardige alternatief gebruik word.

Wanneer die patent op ’n oorspronklike medisyne verval, mag ander maatskappye dieselfde medisyne vervaardig met dieselfde aktiewe bestanddele, sterkte en doseringsvorm. Dit moet ook op dieselfde manier deur die liggaam opgeneem word. Dit word onder ’n ander naam verkoop, maar moet aan dieselfde regulatiewe standaarde as die oorspronklike medisyne voldoen.

Deur generiese medisyne te kies, kan jy geld op jou mediese uitgawes bespaar.

Wat is ICD-10-kodes?

ICD-10-kodes word deur dokters gebruik om aan te dui vir watter toestand jy behandel is, sodat jou mediese fonds die eis korrek kan verwerk. Hou hierdie kode altyd byderhand wanneer jy goedkeuring of ’n verwysing aanvra.

Wat is 'n bybetaling?

’n Bybetaling is ’n bedrag wat jy self moet betaal wanneer jou mediese fonds nie die volle koste van ’n behandeling of diens dek nie.

Wat is ’n mediese noodgeval?

’n Mediese noodgeval is enige gesondheidstoetstand of -gebeurtenis wat onmiddellike mediese behandeling vereis om jou teen ernstige gevolge te beskerm. Indien mediese sorg nie betyds ontvang word nie kan dit tot dood, ongeskiktheid, orgaanskade of inkorting van liggaamsfunksies lei.

Wat is ’n mediese spaarrekening (MSR)?

’n Mediese spaarrekening (MSR) help om daaglikse mediese uitgawes te dek. Só werk dit:

  • ’n Persentasie van jou maandelikse ledegeld word in jou MSR inbetaal (indien jy ’n plan met ’n spaarrekeningkomponent gekies het. Hierdie bedrag wissel volgens die plan).
  • Die volle jaar se bedrag is vanaf 1 Januarie beskikbaar.
  • Eise word eers uit jou MSR betaal.
  • Sodra jou MSR opgebruik is, kan ander voordele van toepassing wees (afhangend van jou plan).
  • Ongebruikte fondse word oorgedra en verdien rente.

Wat gebeur wanneer my mediese spaargeld opraak?

Sodra jou spaargeld op is, bied sommige planne bykomende voordele vir daaglikse gesondheidsorg vir jou en jou gesin.

As ’n Medihelp-lid kan jy jou beskikbare voordele op die Member Zone sien.