Hospitalisasie en noodsaaklike sorg
Al Medihelp se planne is ontwerp om gehaltesorg te verseker.
’n Stewige grondslag van noodsaaklike sorg
Alle Medihelp-planne bied jou toegang tot:
- gehaltesorg by privaat hospitale met geen oorhoofse jaarlikse limiet nie;
- onbeperkte dekking vir ambulansdienste en die behandeling van mediese noodgevalle; en
- omvattende dekking en behandeling vir 271 ernstige mediese diagnoses, insluitend 26 spesifieke chroniese toestande.
Dekking vir privaat hospitalisasie is nie onderhandelbaar nie. Medihelp pas ’n standaard voorafgoedkeuringsproses toe vir alle hospitaalprosedures of -opnames, maar dié proses word nie vir noodopnames vereis nie. Deur goedkeuring vir hospitaalopnames te verleen kan ons jou voordele bevestig en seker maak jy weet presies watter dekking jy sal ontvang. Ons kan ook kontroleer dat lede wat op netwerkplanne ingeskryf is in netwerkhospitale opgeneem word. Ons bied alternatiewe vir hospitalisasie, soos subakute sorg of verpleegdienste wat jou herstel ná hospitalisasie verseker.
Sommige Medihelp-planne bied jou ’n keuse om enige hospitaal te gebruik of ’n netwerkhospitaal indien jy aansluit by die netwerkweergawe van die plan teen ’n laer premie. Dit word moontlik gemaak deurdat ons tariewe met doeltreffende hospitale en dagprosedurefasiliteite in die netwerk onderhandel. Kliek hier om te soek vir ’n hospitaal of dagprosedurefasiliteit in die netwerk of laai ’n lys af.
Elect-planne – netwerkhospitale
Enige hospitaal
As jy ’n skandering benodig
Jou dokter sal moontlik ’n RT-skandering of MRB laat doen om ’n diagnose te bevestig. Medihelp se planne bied dekking vir onbeperkte skanderings tydens hospitalisasie. As jy ’n plan met meer omvattende dekking of ’n groter spaarrekening kies, het jy ook voordele vir skanderings buite die hospitaal. Verwys na die planne se kernvoordele en dag-tot-dag-voordele vir meer besonderhede.
Waarom is voorafgoedkeuring belangrik?
Voorafgoedkeuring vir beplande prosedures of behandeling verseker dat jy en jou dokters weet presies watter dekking jy het. Jy sal ook vooraf weet of daar enige bykomende uitgawes is waarvoor jy voorsiening moet maak. In ’n noodgeval wat onmiddellike hospitalisasie vereis, moet ’n familielid of die hospitaal Medihelp op die eerste werkdag ná die opname skakel om goedkeuring te verkry.
Al Medihelp se planne bied dekking vir die diagnose, behandeling en sorg van 271 ernstige mediese toestande wat as voorgeskrewe minimum voordele (VMV) bekendstaan, asook 26 spesifieke chroniese toestande op die lys van chroniese siektes (Chronic Disease List (CDL)). Medihelp gebruik aangewese diensverskaffers en netwerkspesialiste om sorg vir hierdie toestande te lewer. Party planne bied ook afsonderlike versekerde voordele vir ander chroniese toestande, insluitend die medisyne wat vir die behandeling van hierdie toestande benodig word. Ander planne bied net dag-tot-dag-dekking bied vir akute voorskrifmedisyne wat gebruik word om alledaagse siektes soos verkoue en griep te behandel. Dit is daarom belangrik dat jy ’n mediesefondsplan kies wat by jou spesifieke gesondheidsorgbehoeftes pas.
Al Medihelp se planne dek mediese noodgevalle. Indien jy mediese noodvervoer benodig, bel Netcare 911 by 082 911 enige tyd van die dag of nag. Jy kan staatmaak op hul kundige bystand in ’n mediese noodgeval, soos ’n motorongeluk. Jy kan ook, hul 24-uur-hulplyn bel vir mediese advies in ’n noodgeval.
Jy kan ook ’n noodeenheid by ’n hospitaal besoek om behandeling in ’n noodgeval te kry. Indien jy opgeneem word, ontvang jy hospitaalvoordele.