Back 10 Jul, 2024 - Floreer!

Back

Doen dit self op die Member Zone

Doen dit self op die Member Zone

Doen dit vinnig en maklik self op Medihelp se Member Zone!
Read more

Jy hoef nie meer tydens werkure ʼn oproep te maak of ʼn e-pos te stuur nie. Ons Member Zone is 24/7 beskikbaar! Op die platform kan jy jouself help om:

  • ʼn eis in te dien of te besigtig,
  • jou belastingsertifikaat af te laai,
  • voorafmagtiging te kry vir ʼn prosedure of behandeling, of
  • ʼn afhanklike net daar en dan te registreer of deregistreer.
 

Nog ʼn lekker ding omtrent die Member Zone is dat dit jou toelaat om meer inligting te sien oor jou voordele-opsie en watter voordele jy het. Indien jy reeds van jou voordele gebruik het, kan jy maklik sien hoeveel voordele oor is vir die jaar


Jy kan die volgende ook maklik bywerk:

  • jou persoonlike besonderhede,
  • kontakbesonderhede,
  • bankbesonderhede,
  • besonderhede oor jou adviseur, en
  • ·voorkeurtaal.

Laai af of deel sommer ook jou e-lidkaart vir ingeval jou gesondheidsorgpraktisyn dit nodig het.

Die Member Zone beskik ook oor al die vorms en dokumentasie wat jy benodig om met ons besigheid te doen, insluitend:

  • registrasie van jou chroniese of VMV*-medikasie
  • wissel tussen verskille voordele-opsies
  • registrasie van ʼn pasgebore baba,
  • bewys van studies vir MedMove,
  • sowel as ons uitgebreide Meer oor Medihelp-dokumente wat ons dienste en prosesse verduidelik.

Ons jaarverslag en die Reëls van Medihelp is ook op die Member Zone beskikbaar.

Hoewel dit onwaarskynlik is dat jy nie kry waarna jy soek nie, kan jy ook vanaf die Member Zone ons verskillende afdelings kontak.

Gebruik die Member Zone vir die vinnigste verwerking van jou daaglikse administrasie. Vir komplekse gevalle, kan jy kontak maak met ons konsultante. Op dié manier kry jy vinnige, maklike diens!

En onthou, indien tegnologie nie jou ding is nie, gee gerus vir ʼn derde party toestemming om namens jou sake met Medihelp te behartig.

*Voorgeskrewe minimum voordeel


Share this on: