Dokters landwyd ondervind ’n skerp afname in die getal pasiënte wat hulle tydens die COVID-19-pandemie konsulteer. Netwerk24 het in Junie berig dat dokters dit toeskryf aan die wanopvatting dat dokters se spreekkamers “wemel van die koronavirus”. Hierdie tendens is bevestig in ’n onlangse opname van Statistieke Suid-Afrika, waarin 38,8% van die respondente aangedui het dat hulle nie nou behandeling sal kry vir mediese toestande wat nie met COVID-19 verband hou nie.
Dit is egter nie ’n goeie idee om noodsaaklike gesondheidstoetse oor te slaan nie. Hoe vroeër ’n dokter ’n toestand kan diagnoseer en behandel, hoe doeltreffender is die behandeling gewoonlik. Indien jy nie roetinetoetse laat doen nie, kan jou dokter nie ’n mediese toestand vroegtydig diagnoseer of ’n chroniese toestand behoorlik in die langtermyn bestuur nie.
Word veilig getoetsGesondheidsorgfasiliteite het die nodige maatreëls ingestel om die kanse van blootstelling aan COVID-19 te beperk, daarom hoef jy nie bang te wees om jou dokter of apteek vir ’n gesondheidstoets te besoek nie. Indien jy wel bekommerd is, maak vooraf ’n afspraak sodat jy nie hoef te wag totdat die dokter of apteker beskikbaar is om jou te help nie, en volg die standaard- higiëniese praktyke wanneer jy by die fasiliteit is. Talle gesondheidsorgpraktisyns bied ook virtuele konsultasies aan vir toetse wat nie ’n fisieke ondersoek vereis nie.
Gebruik jou mediese fonds se voordele vir voorkomende dienste
Vind uit watter voordele vir voorkomende sorg jou mediese fonds bied voordat jy ’n afspraak by jou algemene praktisyn of apteek maak. Medihelp mediese fonds dek sy lede vir ’n verskeidenheid jaarlikse welstandstoetse, insluitend ’n bloedglukose- en cholesteroltoets, ’n LMI-meting en ’n bloeddruklesing, bo en behalwe ander voordele vir voorkomende sorg vir mans en vroue. Die volgende is enkele van die bekendste welstands- en voorkomende toetse:
- Jaarlikse welstandstoets
Jy word gewoonlik geweeg en gemeet, jou bloeddruk word gelees en jou bloedglukose, cholesterol en LMI word gemeet.
- Gesondheidstoetse vir vroue
Jou bekken en borste word ondersoek, en ’n Papsmeer word gedoen. Die departement van gesondheid beveel aan die vroue hierdie ondersoeke elke drie tot vyf jaar moet ondergaan, afhangend van hulle risiko en gesondheidsgeskiedenis. Indien nodig, kan jou gesondheidsorgverskaffer ook ’n mammogram doen, wat ’n hulpmiddel is vir die vroeë bespeuring en diagnosering van borskanker.
- Gesondheidstoetse vir mans
’n Prostaatondersoek is ’n belangrik gesondheidstoets vir mans en dis een van die beste maniere om rektale gewasse of ander kankertipes te diagnoseer. Gesondheidspraktisyns beveel aan dat mans tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar met hierdie toetse moet begin en dit so gereeld as nodig moet herhaal, afhangend van hulle risiko en gesondheidsgeskiedenis.
- Beendigtheidstoets
’n Beendigtheidstoets word gebruik om te toets vir osteoporose, wat algemeen voorkom by ouer vroue. Die toets word aanbeveel vir mans en vroue ouer as 65 jaar, tensy jy ’n fraktuur het of ’n familiegeskiedenis van ’n hoër risiko vir osteoporose het.
COVID-19-toetse
Moet jy vir COVID-19 getoets word? Medihelp mediese fonds bied omvattende dekkingteen die skematarief binne en buite die hospitaal uit lede se kernvoordele vir COVID-19-toetse, ongeag die toetsuitslag, indien daar aan bepaalde kriteria voldoen word. Medihelp-lede kan al die dokumente wat nodig is om hulle behandeling vir VMV te registreer, by die Member Zone oplaai.
Dis nou meer as ooit belangrik om goed na jou gesondheid om te sien. Maak gebruik van Medihelp se voordele vir voorkomende sorg om te verseker dat jy goeie gesondheid geniet tydens die pandemie en daarna.
Stel jy belang om by Medihelp aan te sluit? Gesels met ’n geakkrediteerde adviseur of sluit vandag aanlyn aan.