Inperkingsvlak 4 laat beperkte ekonomiese aktiwiteite toe en ’n aandklokreël sal vanaf
20:00 tot 05:00 geld. Slegs mense met die nodige permitte mag buite hierdie ure op straat wees. Dis
verpligtend om maskers in die openbaar
te dra en kos mag tussen 09:00 en 19:00 afgelewer word. Mense mag nie by eetplekke eet of kos daar
gaan afhaal nie.
Die volgende gesondheid-en-veiligheidsprotokolle vir COVID-19 moet gevolg word:
- Sosiale distansiëring
- Deurlopende sanitasie en higiëne, soos om hande te was en oppervlakte skoon te maak
- Gebruik beskermende persoonlike toerusting soos gesigmaskers
- Reis word beperk tot mense wat moet gaan werk of toegang tot dienste benodig (soos deur die
regering geïdentifiseer)
Ander beperkings waarvan mense moet kennis neem:
- Jy mag tussen 06:00 en 09:00 stap, fietsry of draf, maar net in die buurt waar jy woon en net
binne ’n 5 km-radius. Jy mag steeds nie gimnasium toe gaan of in groepe oefen nie.
- Openbare samekomste en vermaaklikheidsbesoeke is nie toelaatbaar nie.
- Tot drie mense mag in ’n privaat motor reis.
- Slegs werknemers in sekere bedrywe mag weer werk en moet tuis werk waar moontlik. Indien nie,
moet hulle direk ná werk terugkeer huis toe.
Ons beveel aan dat jy
https://sacoronavirus.co.za/besoek om op hoogte te bly van die
nuutste inligting en kennisgewings oor die toepaslike vlakke.