Medihelp het sy produkreeks vir 2022 aangepas om in verbruikers se veranderende behoeftes te voorsien en regte waarde teen ’n bekostigbare prys te bied. Die nuutverpakte produkreeks groepeer die produkte in drie maklik verstaanbare kategorieë, naamlik noodsaaklike planne, spaarplanne en omvattende planne.
Buiten dat twee nuwe produkte bekendgestel is, het Medihelp ook die 2022-bydraes vir vier opsies wat tradisioneel die meeste nuwe besigheid vir die Skema lok, verlaag. Sodoende verseker Medihelp dat almal toegang tot ’n gesondheidsorgplan het – van studente tot gesinne met uitgebreide gesondheidsorgbehoeftes.
Daar is vier noodsaaklike planne beskikbaar vir gesonde jongmense, beginnende by ’n plan vir studente teen ’n premie van R702 per maand, daarna kan jy vorder na ’n nuwe plan wat ontwerp is vir eerste toetreders tot die mark teen minder as R1 500 per maand vir ’n enkellid, en Medihelp se hoogs mededingende MedVital-planne, wat op koers is om weer die meeste nuwe lede vir die Skema te werf danksy hulle verlaagde premies.
Necesse Student is nou MedElect StudentHierdie opsie bied versekerde dag-tot-dag-voordele deur ’n gehaltenetwerk, asook omvattende dekking vir privaat hospitale, gesondheidstoetse en bykomende voordele, teen net R702 per maand.
Medmove! – ’n opwindende nuwe opsie!Hierdie opsie is ontwerp vir mense wat pas begin werk het en privaat mediese dekking teen ’n bekostigbare prys wil bekom. Die plan bied ’n netwerk van privaat hospitale en dagprosedureklinieke, asook ’n professionele netwerk van privaat gesondheidsorgverskaffers vir dag-tot-dag-sorg.
Prime 1 is nou MedVitalMedVital verseker dat jy dekking vir privaat hospitale en nood mediese dienste het, asook vir geringe uitgawes soos doktersbesoeke, medisyne en voorbehoedmiddels. Deur gesondheid- en siftingstoetse te laat doen, aktiveer jy bykomende voordele. Jy betaal 25% minder indien jy die netwerkopsie kies – MedVital Elect (die nuwe naam vir Prime 1 Netwerk).
Die volgende dekkingsvlak bied jou ’n keuse van drie spaarplanne met ’n mediese spaarrekening van 15% of 25% om vir mediese uitgawes buite die hospitaal te betaal, maar met die ekstra voordeel dat jy onmiddellik toegang het tot bykomende dekking sodra die spaargeld opgebruik is, met geen gaping waar jy self vir dienste moet betaal nie. Versekerde dekking wat bykomend tot die spaarrekening beskikbaar is, maak voorsiening vir hospitalisasie en nood mediese dienste asook ander dienste wat beskou word as noodsaaklik vir die beskerming van jou gesondheid.
Unify staan nou bekend as MedSaverHierdie plan bied uitstekende dekking vir privaat hospitale en noodsaaklike dienste met ’n 25%-spaarrekening wat jou in staat stel om beheer te neem van jou mediese uitgawes buite die hospitaal. Die plan bied ook voordele vir gesondheidstoetse en voorkomende inentings, asook ander voordele.
Prime 2 Netwerk is nou MedAdd ElectMedAdd Elect is die uiters gewilde netwerkopsie met ’n 15%-spaarplan wat buigsaamheid en dekking vir uitgawes buite die hospitaal bied, maar steeds ’n stewige grondslag van dekking vir privaat netwerkhospitale en nooddienste het en bykomende voordele bied vir dienste buite die hospitaal gelewer. Mense wat nie netwerkverskaffers wil gebruik nie, kan dieselfde voordele kry op MedAdd (die nienetwerkweergawe van die plan).
Omvattende planne vir die gesin bied ’n kombinasie van versekerde dekking en ’n spaarrekening, en is ideaal vir gesinne. Behalwe dat daar spesiale fooie vir families op sekere van dié produkte aangebied word, kry jy ook omvattende dekking vir tandheelkunde, oogkunde, fisioterapie, medisyne, doktersbesoeke en nog baie meer.
Necesse is nou MedElect
MedElect se gehaltenetwerke bied omvattende dekking teen ’n bekostigbare prys vir individue en gesinne wat meer sorg nodig het.
Prime 3 is nou MedPrime
MedPrime bied omvattende mediese dekking vir groot gesinne met kinders op skool. Dit bied uitgebreide voordele vir dienste buite die hospitaal deur ’n spaarrekening asook ander voordele. Jy betaal 22% minder indien jy MedPrime Elect kies, die netwerkalternatief van hierdie plan.
Elite is nou MedElite
Hierdie allesinsluitende plan is die ideale plan vir gesinne en individue met uitgebreide gesondheidsorgbehoeftes.
Om die gebruik van plastiek wat skadelik vir die omgewing is te help beperk asook digitale skakeling te bevorder, stel Medihelp sy lede in staat om hulle elektroniese lidmaatskapkaarte op die Medihelp-app vir lede en die Member Zone af te laai pleks daarvan dat plastiekkaarte gebruik word. Die e-kaarte dui die nuwe name van Medihelp se planne aan en lede kan dit self tuis uitdruk of digitaal met enige verskaffer van mediese dienste deel.