In Junie fokus ons op mansgesondheid, en ons weet hoe ’n groot verantwoordelikheid dit is om ’n pa te wees. Pa’s druk hulself dikwels om langer en harder te werk sodat hulle na hul geliefdes kan omsien. Hul gesondheid is moontlik nie een van hul top prioriteite nie, maar minder slaap, langer werksure and minder vrye tyd mag teen ’n koste kom – beide fisiek en geestelik. Daarom is dit belangrik dat pa’s gereeld siftingstoetse moet doen.
Siftingstoetse identifiseer siektes en toestande voordat daar simptome verskyn. Dit bied insigte oor die risiko van vroeë siektes, sodat mans proaktiewe stappe saam met hul dokter kan neem om chroniese siektes te voorkom. Dokters beveel aan dat jy een keer per jaar siftingstoetse doen, maar as jy ’n bestaande siekte of toestand het, gaan jy dalk meer gereeld toetse moet ondergaan. Jou dokter sal jou hieroor adviseer.
Hier is die verskillende siftingstoetse, gebaseer op mans se ouderdom en risikofaktore:
Cholesterol
Die resultate van ’n cholesteroltoets gee jou en jou dokter ’n goeie idee van wat jy moet doen om die risiko van hartsiektes, beroerte en diabetes te verminder. Mans met normale cholesterolvlakke hoef slegs elke vyf jaar vir toetse te gaan, vandat hulle 18 jaar oud is. Indien jou “slegte” cholesterolvlakke hoog is, moet jy jou cholesterolvlakke elke ses maande laat toets.
Prostaatkanker
Prostaatkanker is die mees algemene kanker wat voorkom in mans ná velkanker. Siftingstoetse vir gesonde mans sluit in ’n digitale rektale ondersoek en moontlik ’n prostaatspesifieke antigeenbloedtoets. Mans wat in ’n hoë risikokategorie val, moet vanaf 40 jaarliks getoets word, en mans met ’n normale risiko kan vanaf 50 minstens een keer elke twee jaar getoets word.
Testikulêre kanker
Alle mans moet ’n testikulêre ondersoek as deel van hul voorkomende siftingstoetse doen. Mans wat ’n hoë risiko het, soos dié met ’n familiegeskiedenis van hierdie tipe kanker, moet bykomende siftingstoetse met hul dokter bespreek. Hierdie ongewone kanker ontwikkel in ’n man se testikels, en die meeste gevalle kom tussen 20 en 54 jaar voor.
Kolorektale kanker
Kolorektale kanker is die tweede algemeenste oorsaak van kankerverwante sterftes. Mans het 'n effens groter risiko om dit te ontwikkel as vroue. Hierdie soort kanker kan voorkom word deur die poliepe van die kolon te vind en te verwyder voordat dit die kans kry om kanker te word.
By volwassenes wat ’n gemiddelde risiko het, begin sifting op 50 en word elke 10 jaar herhaal afhangende van ’n individu se risikofaktore. Die dokter sal die hele dikderm ondersoek tydens ’n roetine-kolonoskopie met behulp van ’n buigbare buis en ’n kamera, of ’n sigmoïdoskopie doen wat slegs die onderste deel van die kolon ondersoek.
Pa's: Onthou dié basiese beginsels wanneer dit by jou gesondheid kom
| Fisiek | Geestelik/emosioneel | |
|
|
Medihelp se voordele vir mansgesondheid
Medihelp ondersteun jou gesondheid deur ons bykomende versekerde voordele vir mans. Die volgende is beskikbaar by enige Clicks/Dis-Chem-apteke per begunstigde:
Prime-reeks, Unify, Elite en Plus
- ’n Kombinasietoets (bloedglukose, cholesterol, LMI en bloeddrukmeting) of individuele toets (bloedglukose of cholesterol)
- MIV-toetsing, berading en ondersteuning
- ’n Tetanusinenting
- ’n Griepinenting
Prime-reeks, Elite en Plus
Mans 40 jaar en ouer het ook voordele vir ’n prostaattoets (PSA-vlak) wat deur ’n mediese dokter versoek moet word.
Necesse
Welstandtoetse is beskikbaar by jou Necesse-netwerkdokter en is onderhewig aan daaglikse voordele.
Medihelp bied voordele vir gesinne
Ons wil die beste bied vir jou gesin, en daarom betaal jy op Medihelp se Prime-reeks slegs vir twee kinders jonger as 18 jaar, waarna ledegeld vir kinderafhanklikes sal geld vanaf die begin van die volgende jaar nadat hulle 18 geword het totdat hulle 26 jaar oud is. Lees meer oor ons omvattende planne hier.
Bronne: www.cansa.org.za; www.heartfoundation.co.za,