Back 03 Des, 2024 - Floreer!

Back

9 waardes wat jou welstandsreis met Medihelp woema gee

9 waardes wat jou welstandsreis met Medihelp woema gee

Vier jou waardes om ’n vol lewe saam met Medihelp te leef.
Read more

Die bekende skrywer John C Maxwell het gesê: “Jou kernwaardes is die diepgewortelde oortuigings wat jou siel die beste beskryf.” Waardes is ’n kompas wat ons lewenspad rig, bepaal wié ons wil wees en wát ons wil bereik. Dié waardes is met ons wese verweef, vuur ons besluitneming aan, gee ons loopbaanleiding en stel ons in staat om ’n meer vervulde en gelukkiger lewe te lei.

Medihelp besef die belangrikheid van jou waardes en hoe dit die ware jý vergestalt. As vennoot op jou gesondheidsreis, ondersteun ons jou om jou waardes uit te leef en jou drome te verwesenlik.

Wat is jóú kragtigste kernwaardes?

Erken en omarm jou waardes om die beste uit die lewe te haal. Medihelp vier die volgende waardes van ons lede.

1. Goedhartigheid
Goedhartigheid beteken veel meer as vriendelikheid, vrygewigheid en bedagsaamheid. Dis meer as om gaaf te wees; dit behels ’n diep opregtheid. Daar is ’n doelbewustheid aan goedhartigheid wat nie maklik geveins kan word nie. Dié ingesteldheid het positiewe gevolge wat wyd uitkring. Dink byvoorbeeld watter impak Moeder Teresa se onbaatsugtige diens aan die armstes van Kalkutta gehad het en hoe haar voorbeeld mense wêreldwyd geïnspireer het.

Dié waarde het ’n unieke betekenis vir elke persoon en hou verband met hoe jy kies om dit te wys. Jy kan goedhartig wees deur ander te komplimenteer, dankbaarheid te betoon, ander se goeie dade raak te sien of tyd in te ruim om ander te dien.

2. Pret
Die waarde van pret word dikwels onderskat en deur roetinetake en verantwoordelikhede verswelg. Om pret te hê, behoort egter ernstig opgeneem te word! Die skrywer en kenner Catherine Price definieer “ware pret” as ’n kombinasie van speelsheid, verbintenis en vloei. Wanneer dít geaktiveer word, ervaar ons ’n gevoel van pret. Pret is onontbeerlik vir ons welstand omdat dit stres verlig, breinfunksie verbeter, ons energiek hou en ons sosiale vaardighede ’n hupstoot gee.

Om pret te hê, is so eenvoudig soos om te teken of in te kleur, kaalvoet op die strand of gras te loop, klippe oor die water te laat bons, liedjies te sing, met ons kinders of troeteldiere te speel, grappies te deel of fiets te ry.

3. Tuiste
’n Sterk gevoel van huis, tuishoort of geborgenheid is gewortel in ons behoefte aan sekerheid en veiligheid. Wanneer dié wortels stewig geanker is, is jou huis ’n toevlugsoord van gerief en bekendheid wat warmte, liefde en familie vergestalt. ’n Huishen of -haan vind vrede wanneer hulle in hul persoonlike ruimte deur dié na aan hulle omring is. Hoewel baie van ons die harde werklikheid en inperking tydens die Covid-19-pandemie onthou, het ons ook die seldsame geleentheid gehad om die voordele van ’n tuisleefstyl te geniet, insluitend verhoogde produktiwiteit, verminderde stres en finansiële besparing.

Koester opnuut dié geborgenheid deur meer tuis te bly. Lees ’n boek, skoffel in die tuin, bak en brou, raak van onnodighede ontslae, bou legkaarte, speel bordspeletjies en doen oefeninge soos joga of dans in die gerief van jou hartshuis.

4. Kreatiwiteit
Kreatiwiteit word dikwels met kunssinnigheid verbind. Hoewel dit kreatiwiteit verg om ’n kunstenaar te wees, hoef jy nie ’n kunstenaar te wees om kreatief te wees nie. Dié waarde behels die vermoë om met blinknuwe idees vorendag te kom, patrone raak te sien en oplossings vir probleme te vind. Kreatiwiteit lê ook in alledaagse dinge opgesluit. Dit kan so eenvoudig wees soos om ’n eier op ’n manier te bak wat onbekend en oorspronklik vir iemand anders is of om ’n keuse te maak sonder om daaroor te dink. Ons almal is in ’n mate kreatief. Alex Faickney Osborn, skepper van die dinkskrum (“brainstorming”), beskou kreatiwiteit as ’n aangeleerde vaardigheid wat “meer as blote verbeelding is. Dit is verbeelding wat onskeibaar verband hou met voorneme en moeite”.

Wakker jou kreatiwiteit aan deur tyd in die natuur deur te bring, te mediteer, te beweeg of te oefen en na mense van uiteenlopende dele van die samelewing uit te reik.

5. Fiksheid
Fiksheid is daarop gemik om ons gesondheid en algehele welstand te verbeter. Tog is talle van ons onaktief omdat ons lang ure op ’n stoel agter ’n lessenaar, in vergaderings of voor skerms deurbring. Dit is egter nie wenslik nie. Dr Luigi Fontana, professor in mediese wetenskappe en dieetkunde, beskou fiksheid en ’n aktiewe leefstyl as die “wondermiddel vir ’n gesonde en lang lewe”. Luidens ’n onlangse opname raak al meer Suid-Afrikaners aktief, met 21% wat hulself as fiksheidsgeesdriftiges beskou. Dit is goeie nuus as dit met ander lande se gemiddeld van 17% vergelyk word.

Vir die meeste van ons lê die sleutel tot fiksheid in ’n gimnasium, maar ons kan gewis ook ons sonskynweer geniet én gebruik om fikser te word. Gaan stap of ry fiets, doen joga of tai tji in die skadu, skop bal of speel wegkruipertjie in die tuin met jou kinders.

6. Dapperheid
Waagmoedige dapper dade word dikwels in die samelewing gevier. Dié waarde laat ’n mens gewoonlik aan helde soos brandbestryders of soldate dink wat daagliks hul lewe waag om ander te dien en beskerm. Dapperheid kan egter ook subtiel en alledaags wees, soos om braaf in tye van teëspoed te wees. Dapperheid kan so eenvoudig wees soos om te erken as jy verkeerd is, uit te reik om verskoning te vra, teen onregverdigheid op te staan, iets nuuts aan te pak of hulp te vra wanneer jy dit nodig het.

Navorsing dui daarop dat ons slegs so dapper is soos ons glo ons is. As jy jouself as dapper beskou, is jy in staat om vreesaanjaende situasies beter te hanteer as diegene wat glo dat hulle nie ’n dapper haar op hul kop het nie. Dis die vermoë om ten spyte van die vrees die taak op hande aan te pak.

7. Gesondheid
Die betekenis van gesondheid as waarde verskil van persoon tot persoon. Vir party mense beteken gesondheid optimale fisieke welstand of ’n langer lewe sonder kwale, terwyl ander emosionele welstand – ’n lewe waarin tevredenheid en balans eerste gestel word – belangrik ag. Ons idee van gesondheid berus op ons kulturele uitkyk, omgewing en persoonlike prioriteite. Dit is ’n intieme reis wat die kern van ons wese beliggaam.

Gesondheid sluit uiteindelik verskeie aspekte in, van ’n gebalanseerde dieet tot gereelde oefening, genoeg slaap en om jou fisieke en geestesgesondheid voorop te stel. Suid-Afrikaners word al meer gesondheidsbewus en neem aktief gesonde treë soos om gehidreer te bly (64% drink meer water), te oefen (49% volg ’n gereelde oefenprogram) en om gesonde kos te kies (’n indrukwekkende 83% koop doelbewus produkte wat voordelig vir hul gesondheid en welstand is).

8. Ambisie
Ambisie is die innerlike dryfkrag om jou doelwitte te bereik of jou drome te laat verwesenlik. Dit vuur groei aan en dra vrugte van sukses. Om ’n versnelde pas van ambisie vol te hou, vereis ’n vernuftige balans. Ons meedoënlose strewe na sukses kan ons geestelike welstand in die wiele ry, terwyl ons hunkering na mag en rykdom tot depressie en angs kan lei. ’n Lewe sonder ambisie  bring egter allermins innerlike vrede. Ons moet eerder ons gedrewenheid in oënskou neem en vra: watter doelwitte jaag jy na?

Innerlike teikens soos kennis, betekenisvolle verhoudings of persoonlike groei is bevredigend om kolskoot te tref. Deur ambisie in te span om doelwitte soos dié te bereik, sal beslis jou geestesgesondheid positief beïnvloed. Begin deur die regte motivering te vind om gesonde ambisie aan te wakker en stel haalbare doelwitte om te bereik. Maak dan seker die reis is net so belonend soos die bestemming.

9. Vindingrykheid
Om slim of vindingryk te wees, beteken vir party uitnemende akademiese prestasie of ’n uitsonderlike intellektuele vermoë. Die woord “genie” kom van die Latynse woord “genius” wat buitengewone intelligensie, talent of kreatiewe vermoë beteken. Om slim, skerpsinnig of skrander te wees, strek egter veel verder as prestasie op skool of die uitslag van ’n IK-toets. Jeff Bezos, stigter van Amazon, beskou intelligente mense as diegene wat in staat is om te erken wanneer hulle verkeerd is en hul menings kan verander. Steve Jobs, medestigter van die rekenaarreus Apple, het op sy beurt groot denkers waardeer en ware intelligensie as die vermoë beskou om oop te wees vir nuwe idees en kennis.

Om jou vindingrykheid te verbeter, moet jy die vermoë ontwikkel om krities te dink, probleme op te los, gesonde besluite te neem, die wêreld te verstaan, ’n honger vir kennis te kweek en ywerig nuwe vaardighede aan te leer.

Vier wie jy is met ’n waardegedrewe vennoot aan jou sy

Medihelp verstaan dat verbruikers egte én hegte bande koester wat hul persoonlike waardes weerspieël. As jou gesondheidsvennoot sien ons jou individualiteit raak en ondersteun jou op jou 


Share this on: