Planne en dekking Icon

Planne en dekking

Gaan terug

Wat is ’n hospitaalplan?

’n Hospitaalplan bied dekking vir verblyf in ’n privaat hospitaal en die ledegeld is gewoonlik laer as vir omvattende planne.

Medihelp se MedVital-plan bied onbeperkte dekking by gehaltehospitale indien jy weens ’n ongeluk, siekte of noodgeval opgeneem word. Boonop sluit dit ook sekere basiese voordele vir daaglikse gesondheidsorg in.

Jy kan tot 22% op jou maandelikse ledegeld bespaar deur MedVital Elect, die netwerkopsie, te kies.

Wat is die verskil tussen ’n hospitaalplan en ’n omvattende mediesefondsplan?

’n Hospitaalplan dek hoofsaaklik behandeling in die hospitaal. ’n Omvattende mediesefondsplan dek hospitaalverblyf én alledaagse mediese uitgawes en kan ’n spaarrekening insluit.

Ons hospitaalplanne sluit sekere voordele vir dag-tot-dag-gesondheidsorg in, terwyl ons omvattende planne ideaal is vir individue of gesinne met meer komplekse gesondheidsorgbehoeftes.

Watter Medihelp-planne het ’n mediese spaarrekening (MSR)?

Medihelp se MedAdd, MedAdd Elect en MedSaver is bekostigbare mediesefondsplanne met ’n spaarrekening vir mense wat meer beheer oor hulle mediese uitgawes wil hê. MedSaver bied ’n ruim spaarrekening van 25%, terwyl MedAdd en MedAdd Elect ’n spaarrekening van 15% het.

Medihelp se MedPrime, MedPrime Elect en MedElite het ’n spaarrekening van 10% en omvattende versekerde dekking vir daaglikse mediese uitgawes. Dit bied groter buigsaamheid wat beteken dat jy minder uit jou eie sak hoef te betaal.

Wat dek ’n mediese fonds?

’n Mediese fonds in Suid-Afrika kan hospitaalverblyf, chroniese toestande en alledaagse mediese uitgawes dek, afhangend van jou plan. Alle mediese fondse moet ook voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) dek.

Wat word nie deur my mediese fonds gedek nie?

Dienste en behandeling waarvoor jou mediese fonds nie betaal nie, word uitsluitings genoem. Uitsluitings is toestande en behandeling wat nie by jou plan ingesluit is nie. Gaan jou plan na om seker te maak wat gedek word.

Dek ’n mediese fonds swangerskap?

Kraamvoordele kan doktersbesoeke, skanderings en die bevalling dek, afhangend van jou plan. Hou in gedagte dat ’n swangerskap wat begin het voordat jy by die mediese fonds aangesluit het, nie gedek word nie.

Kan ek by ’n mediese fonds aansluit as ek reeds swanger is?

Jy kan by ’n mediese fonds aansluit as jy reeds swanger is. Die meeste mediese fondse in Suid-Afrika pas egter wagtydperke toe as jy nuut aansluit en reeds swanger is. Dit kan dekking vir swangerskapverwante gesondheidsorgdienste en swangerskapvoordele beïnvloed.

Indien jy van plan is om tydens jou swangerskap by ’n mediese fonds aan te sluit, is dit belangrik om te verstaan watter voordele onmiddellik beskikbaar sal wees en watter dienste eers gedek sal word nadat die wagtydperk verby is. ’n Mediesefondsadviseur kan jou help om planne te vergelyk sodat jy weet hoe wagtydperke jou swangerskapdekking kan beïnvloed.

Wenk: As jy van plan is om met ’n gesin te begin of jou gesin uit te brei, kan dit help om by ’n mediese fonds aan te sluit voordat jy swanger raak sodat jy toegang het tot die volle reeks swangerskapvoordele wanneer jy dit nodig het.

Word kankerbehandeling deur my mediese fonds gedek?

Ja, kankerbehandeling word onder voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) gedek, insluitend die diagnose en goedgekeurde behandeling. Medihelp-lede het deur ons aangewese diensverskaffers toegang tot omvattende kankervoordele. Jy moet vir Medihelp se Kankerprogram registreer en voorafgoedkeuring vir behandeling kry.

Word geestesgesondheid deur ’n mediese fonds gedek?

Afhangend van onderskrywing moet mediese fondse sekere geestesgesondheidstoestande volgens wet as VMV’s dek, insluitend behandeling in die hospitaal. Enige bykomende dekking, soos dekking vir medikasie en terapie, hang van jou plan af.

Dek my mediese fonds oogondersoeke?

Ja, mediese fondse bied oogsorgvoordele wat, afhangend van jou plan, oogtoetse en brille of kontaklense kan dek. Hierdie voordele word gewoonlik uit jou spaarrekening of dag-tot-dag-voordele.

Medihelp gebruik Opticlear om hierdie voordele te bestuur. Die Opticlear-netwerk sluit die meeste oogkundiges in Suid-Afrika in.

Dek ’n mediese fonds tandheelkunde?

Ja, afhangend van jou plan. ’n Mediese fonds kan ondersoeke, stopsels en basiese tandheelkunde dek. Jy kan op die Member Zone kyk wat jou plan bied.

Dek my mediese fonds fisioterapie?

Fisioterapie word op sekere Medihelp-planne gedek, óf uit jou spaarrekening óf as deel van jou dag-tot-dag-voordele, afhangend van die plan wat jy gekies het. Jy kan jou beskikbare voordele op die Member Zone sien.

Bied my mediese fonds voordele vir mans?

Ja, Medihelp se voordele vir mans sluit siftingstoetse, voorkomende sorg en behandeling vir prostaat- en ander toestande in, afhangend van jou plan.

Bied my mediese fonds voordele vir vroue?

Ja, Medihelp se voordele vir vrouegesondheid sluit siftingstoetse, swangerskapsorg en voorkomende dienste soos Papsmere, mammogramme en beenmineraaldigtheidstoetse in, afhangend van jou plan.

Dek Medihelp heup-, knie- en skouervervangings?

Ja, verskeie Medihelp-planne dek gewrigvervangings.

  • MedPrime, MedElite en MedPlus dek gewrigvervangings wat deur ’n skielike besering veroorsaak word, indien ’n gewrigvervanging die geskikste behandelingsopsie is.
  • MedElite dek ook heup- en knievervangings weens slytasie, onderhewig aan vasgestelde mediese kriteria.