Dekking vir alledaagse mediese uitgawes
Jou alledaagse mediese uitgawes (soos besoeke aan jou huisdokter en medisyne) word uit dag-tot-dag-voordele gedek en verskil per plan.
Hoe werk jou dekking vir hierdie dienste?
Die dekking wat jy vir dag-tot-dag- mediese uitgawes geniet, hang van jou plan af. Maak dus seker jy kies ’n plan op grond van jou spesifieke behoeftes en voorkeure vir gesondheidsorg. Jou dag-tot-dag-voordele sluit dekking in vir:
- Konsultasies by algemene praktisyns en spesialiste
- Medisyne oor die toonbank
- Tandheelkunde
- Oogtoetse, kontaklense en brille
- Bloedtoetse
- Fisioterapie
- Konsultasies by dieetkundiges
- X-strale en skanderings
- Mediese toestelle
Medihelp dek hierdie uitgawes soos volg:
Lede wat verkies om vasgestelde bedrae vir spesifieke gesondheidsorgdienste beskikbaar te hê moet ’n plan kies wat vaste voordele bied. Party van dié voordele is beskikbaar as gepoelde bedrae wat jy of enige van jou geregistreerde afhanklikes kan gebruik.
’n
Mediese spaarrekening bied jou die vryheid om jou beskikbare fondse te gebruik
vir mediese dienste of vir bybetalings. Jy het ’n hele jaar se spaargeld aan
die begin van die jaar beskikbaar. Enige ongebruikte spaargeld verdien rente en
word outomaties na die volgende jaar oorgedra, sodat jy ’n neseier het vir
toekomstige mediese uitgawes.
Party planne bied ’n kombinasie van vaste voordele en ’n spaarrekening om selfs beter in jou behoeftes te voorsien. Jy geniet dan die aanpasbaarheid van ’n spaarrekening en die gemoedsrus dat vaste voordele beskikbaar is vir sekere dienste as jou spaarrekeninggeld sou opraak.
Al Medihelp se planne sluit ook ’n aparte mandjie met ekstra versekerde voordele in wat roetinesorg dek, soos ruim dekking vir voorkomende gesondheidsiftings, vroue en mans se gesondheidstoetse, ekstra voordele vir kinders, en spesiale voordele vir swangerskap- en baba-uitgawes. Kliek hier om meer te lees.
Wat is die voordeel vir uitgebreide sorg?
Al Medihelp se planne (behalwe MedMove!, die toetreevlakplan) bied ’n voordeel vir uitgebreide sorg wat jou voordele uitrek om jou van nog meer dekking te voorsien. Jy kry een bykomende konsultasie by ’n algemene praktisyn vir die gesin sodra jy of een van jou geregistreerde afhanklikes ’n spesifieke voorkomende gesondheidstoets laat doen en dit van die voordele vir voorkomende sorg eis. Jy kry ook ’n bykomende R490 vir selfmedikasie vir die gesin sodra jy of een van jou afhanklikes die kombinasiegesondheidstoets laat doen en dit van die voordele vir voorkomende sorg eis.
Hoe die onderskeie planne dag-tot-dag-voordele bied