Volgens mediese bewyse toon kinders met COVID-19 in die algemeen geringe simptome en rapporteer slegs ’n klein persentasie ernstiger siektes. Kinders met verswakte immuunstelsels weens die volgende onderliggende mediese toestande en prosedures kan ernstig siek word indien hulle die nuwe koronavirus sou opdoen:
- Ernstige hart- en kardiovaskulêre siektes
- Chroniese long- en respiratoriese toestande soos asma
- Neurologiese toestande, insluitend spieraandoenings
- Immuungebrektoestande, of indien medikasie geneem word wat die immuunstelsel onderdruk
- Orgaanoorplantings
- Kankerbehandeling
Jou kind moet voortgaan om sy of haar gereelde medikasie te neem soos voorgeskryf, tensy sy/haar dokter jou anders aansê.
Gereelde mediese ondersoeke
Kinders wat as hoërisikogevalle beskou word, moet voortgaan met besoeke aan hulle dokters of pediaters soos gewoonlik. Medihelp bied ’n telegesondheidvoordeel as deel van jou beskikbare dag-tot-dag-voordele of spaarrekeningfondse wat jou in staat stel om telefonies met dokters te konsulteer.
Skoolgaan-opsies
Indien jy besorg is oor jou kind se veiligheid by die skool, raadpleeg die skool oor alternatiewe.
Indien jy jou kind terugstuur skool toe, sorg dat jy al die feite ken sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem.
Die belangrikheid van sifting en toetsing
Sifting en toetsing vir COVID-19 identifiseer nuwe gevalle en verseker dat pasiënte behandeling ontvang en kontakte opspoor. Lees ons HealthyInfo wat die verskille tussen sifting en toetsing verduidelik, asook die kriteria waaraan pasiënte moet voldoen voordat hulle getoets word en waar hulle sifting en toetsing kan doen.
Medihelp Mediese Skema bied omvattende mediesefondsdekking binne en buite die hospitaal teen die skematarief uit jou kernvoordele vir COVID-19-toetse, ongeag die uitslag van die toets, mits daar aan sekere kriteria voldoen word. Jy kan al die dokumentasie wat nodig is om jou toestand vir VMV te registreer by die Member Zone oplaai.
Verwante artikels
COVID-19: Hoe om jou geestesgesondheid op te pas
Bestuur jou angstigheid tydens die COVID-19-krisis