Back 28 Apr, 2021 - Fiksheid | Gesondheidsbewustheid | HealthPrint | Medihelp-produkte

Back

Ons is jou rugsteun! Wenke vir ’n gesonde rug by die werk

Ons is jou rugsteun! Wenke vir ’n gesonde rug by die werk

Rugpyn of -spanning is een van die algemeenste gesondheidsprobleme waarmee kantoorwerkers sukkel, omdat ons so lank sit en min van ons ’n gewenste postuur handhaaf.
Read more

Rugpyn of -spanning is een van die algemeenste gesondheidsprobleme waarmee kantoorwerkers sukkel, omdat ons so lank sit en min van ons ’n gewenste postuur handhaaf. Die goeie nuus is dat daar eenvoudige maniere is om jou stywe laerug op te klaar.

Algemene oorsake van rugpyn

  • Swak postuur
  • Onaktiwiteit
  • Wanneer jy swaar voorwerpe verkeerd optel
  • Rook
  • Oorgewig
  • Slaapposisie

Hoe om ’n gesonde rug te verseker

  • Versterk jou kernspiere om jou rug behoorlik te ondersteun. Doen hierdie maklike oefening: Stoot jou stoel weg van jou tafel en staan dan op en gaan sit ’n paar keer sonder dat jy jou arms gebruik om jou op te stoot. Dit vereis dat jy jou kernspiere gebruik. Doen dit ’n paar keer per dag – dit het die bykomende voordeel dat dit jou dwing om gereeld ’n blaaskans te neem en jou bloedsomloop stimuleer.
  • Strek meer gereeld. Leer die gewoonte aan om gereeld gedurende die dag te strek en/of sluit aan by ’n joga- of Pilates-klas om klaar te speel met stywe spiere.
  • Handhaaf ’n goeie postuur wanneer jy sit, staan en loop. Deur die ruggraat reguit te hou, verminder jy onnodige druk op die diskusse in die werwelkolom en gebruik jy die kernspiere om die werwelkolom te ondersteun.
  • Beweeg. Staan ’n paar keer per dag op van jou lessenaar, loop deur die kantoor en klim ’n paar stelle trappe. Maak matige oefening deel van jou dag. Dit nie net help dat jy fiks word nie maar sal ook op ander maniere voordelig vir jou gesondheid wees.
  • Sorg dat jy swaar voorwerpe korrek optel. Buig die knieë wanneer jy ’n swaar voorwerp optel en vra iemand om jou te help as iets te swaar is om alleen op te tel. As jy jouself te veel inspan, sal jou werwelkolom verdraai en kan jy spiere of, selfs erger, ’n diskus in jou werwelkolom beseer.
  • Hoe jy slaap, maak ’n verskil. As jy op jou rug slaap, kan jy onnodige druk op jou rug plaas. Jy kan dit teenwerk deur ’n kussing onder jou knieë te plaas sodat jou bene effens hoër is. Probeer om by tye op jou sy te slaap en gebruik ’n kussing tussen jou knieë om spanning op jou rugspiere te verlig.
  • Hou jou gewig dop. Ekstra gewig sal onnodige druk op jou rug plaas, wat tot langtermynrugprobleme kan ly. As jy oorgewig is, praat met jou dokter oor ’n veilige manier om gewig te verloor deur ’n behoorlike dieet te volg en te oefen.
  • Hou op rook. Rook belemmer bloedvloei na die diskusse wat die werwels in jou rug steun. Dit kan degenerasie van die diskusse veroorsaak. Rook belemmer ook kalsiumabsorpsie in die bene en veroorsaak verswakte beengroei.
  • Oorweeg aanvullings. Vitamien D en kalsium help om gesonde bene te bou. Onthou om altyd eers jou dokter en apteker te raadpleeg voordat jy aanvullings by jou dieet voeg.

Rugpyn kan soms deur ernstiger toestande as blote spierspasma of te min oefening veroorsaak word. Indien jy langdurige rugpyn ervaar of as jou rugpyn vererger, raadpleeg jou dokter vir ’n professionele diagnose.

Jou mediese fonds is jou rugsteun!

Medihelp se produkaanbieding vir 2021 sluit ’n reeks bykomende versekerde voordele in wat daarop gemik is om vir lede ekstra waarde te bied sonder enige ekstra koste. Ons rugbehandelingsprogram vorm deel van hierdie waarde-aanbieding. Alle lede het toegang tot die Document Based Care-program en behandeling by DBC-fasiliteite landwyd, mits hulle kwalifiseer. Die behandeling het ’n sukseskoers van meer as 90% om chirurgie te vermy.

Medihelp bied ’n reeks van 10 diverse voordele-opsies, insluitend ’n hospitaalplan , spaarplanne , omvattende planne en selfs ’n opsie vir voltydse studente . Ons het ook ’n moeitevrye aanlyn aansoekproses en ons selfontwikkelde Application in Motion-stelsel hou jou op hoogte van die vordering met jou aansoek deur SMS’e en e-posboodskappe.
Indien jy ’n professionele mening wil kry voordat jy op ’n voordele-opsie besluit, kan jy gerus jou besonderhede hier verstrek en ons sal dan reël dat ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur jou kontak.


Share this on: